Baie Suid-Afrikaners het gehoop president Cyril Ramaphosa sou in sy toespraak gisteraand 17 Junie die sigaretverbod saam met ander streng regulasies laat vaar, maar die sigaretverbod is nie bespreek nie. Lees die berig hier.
Die Fair Trade Trade Independent Tobacco Association (FITA) het in die stryd teen die verbod op sigarette die regering, president Cyril Ramaphosa en minister Dlamini-Zuma, wat as primêre respondente gelys is, na die hooggeregshof geneem.
Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van FITA, het gesê die verbod is nie op logika gebaseer nie. Dlamini-Zuma het teengestaan met getuienis van mediese navorsers wat beweer dat rokers meer geneig is om aan ernstige koronavirussimptome te ly.
Die Gautengse hooggeregshof het uitspraak in die saak voorbehou.
Die regering moes tot dusver twee sake teen die sigaretverbod teëstaan.
In die saak wat die Britse tabakmaatskappy, British American Tobacco SA (BATSA), aanhangig gemaak het, vra BATSA en agt ander partye vir ’n hofbevel en dat die regulasies ingevolge die koop en verkoop van sigarette en tabakprodukte tydens vlak drie van inperking, ongeldig verklaar word.
Die regering se antwoord op die hofsaak is glo ’n allemintige 547 bladsye lank, met verklarings van mediese navorsers asook ’n verklaring van Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake.



