Polisie trek nog tabak-oortreders vas

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die polisie in die Pixley ka Seme-distrik het op 16 Junie tabak ter waarde van R586 000, wat vermoedelik van Bloemfontein na Worcester vervoer is, gekonfiskeer.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ‘n vragmotor by ‘n padblokkade by Drie Susters gestop en deursoek. Die drywer en sy passasier is in hegtenis geneem op aanklag van die vervoer van tabakprodukte tydens inperking.

Brig. Ramatseba sê die saak word verder ondersoek en die verdagtes verskyn binnekort in die hof.

Foto: Verskaf