August 4, 2021

SASSA wys ongekwalifiseerde toelaag-aansoeke van die hand

Foto: Rising Sun Lenasia

Die South African Social Security Agency (SASSA) het talle klagtes oor afgekeurde aansoeke vir die Covid-19-toelae wat deur die regering beskikbaar gestel is, ontvang.

Meeste van die aansoeke het volgens SASSA nie aan die vereiste kriteria voldoen nie. Om vir die toelae te kwalifiseer, moet persone ouer as 18 en werkloos wees, asook nie enige toelae soos van die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) of NSFAS ontvang nie.

Die meeste van die aansoeke is afgekeur omdat die aansoekers alreeds WVF ontvang of daarvoor kwalifiseer. Die persone word aangeraai om die departement van arbeid te kontak om aansoek te doen vir WVF of bestaande aansoeke op te volg.

Totsie Memela, voorsitter van SASSA, sê die organisasie doen alles in sy vermoë om te verseker dat almal kry wat hulle toekom. Hy sê daar is tot dusver 3.2 miljoen aansoeke goedgekeur waarvan 1.2 miljoen uitbetaal is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *