Voertuig-toetsstasies in Kimberley ‘onnodig beperk’ – agterstande vergroot

Foto: Canva

KIMBERLEY. – Motorregistrasie by die toetsstasie hier word tot slegs 18 voertuie per dag beperk. Dit beteken dat daar tans ‘n wagtydperk van 30 dae en meer is voordat padwaardigheidsertifikate uitgereik kan word.

Kobus van den Berg, VF Plus-raadslid, sê Nontobeko Vilakaz, die Noord-Kaapse LUR vir vervoer en veiligheid, skep ‘n krisis deur dié beperking daar te stel.

“As gevolg hiervan is die lewensvatbaarheid van toetsstasies in gevaar, maar ook voertuighandelaars, finansieringsinstansies en klante wat as noodsaaklike diensverskaffers geklassifiseer is, ly daaronder. Sonder ‘n padwaardigheidsertifikaat kan ‘n voertuig nie gefinansier, afgelewer of verseker word nie.”

Van den Berg sê Gauteng is die enigste ander provinsie wat ‘n perk op die aantal toetse vir voertuigtoetsstasies plaas, met 24 per dag.

“Die VF Plus doen ‘n beroep op die LUR om hierdie drakoniese beperking te verwyder. In die provinsie met die laagste besmettingskoers van Covid-19, maak dit geen sin nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: