Hoe jy klein besighede kan ondersteun

Deel hierdie storie / Share this story

Die Covid-19-pandemie het baie klein besighede wat weens die inperkingsregulasies moes toemaak, sonder ’n inkomste gelaat. Met dié dat die ekonomie stadig maar seker weer heropen, kan jy deel wees van die oplossing deur klein en plaaslike besighede te ondersteun. Sonder dat dit jou ’n sent kos!

Maniere om klein besighede te ondersteun

Volg die besigheid op sosiale media. (Facebook, Instagram of Twitter)

Skryf ’n positiewe review op hulle sosiale media-platform.

Lewer kommentaar, like of deel hulle plasings met jou vriende.

Vertel jou familie en vriende van die besighede.

Moenie vir gratis dienste of goedere vra nie.

Staan saam en help ons land se ekonomie op dié wyse om weer op sy voete te kom.

Klik hier vir die Koop Kimberley – ondersteun plaaslik-veldtog.