KIMBERLEY. – FiND iT het na aanleiding van die COVID-19 krisis, die “Koop Kimberley”-bewusmakingsveldtog begin.
Rudi Ferreira, bedryfshoof van FiND iT, sê dié veldtog word deur FiND iT gedryf en dit spoor Kimberliete aan om plaaslike ondernemings te ondersteun.
Hou geld in provinsie
“Die meeste eenmansake is deur die epidemie en die inperkingstydperk geraak. Duisense werknemers word hierdeur geraak. Die ekonomie in ons stad het reeds voor die COVID-19 krisis ‘n afwaartse groei getoon. Ons grootste uitdaging is nou om plaaslik te ondersteun en die geld in die provinsie te hou.”
Ondersteun plaaslik
Ferreira sê deur plaaslik te ondersteun bevorder almal ekonomiese groei en sal kleinsake-ontwikkeling weer gestimuleer word. “In die proses van plaaslike mense ondersteun, kan jy dalk help dat iemand hy/sy werk behou, wat deur afleggings in die gedrang gebring kan word.”
“In plaas van aanlyn van buite die dorp te koop, ondersteun die plaaslike ondernemings. Voordat jy kwotasies van buite die dorp aanvra, probeer eers met die plaaslike ou onderhandel. Dit is nou belangriker as ooit dat ons geld nie die provinsie verlaat nie, maar waar moontlik ons dit liewers in die dorp hou.”
Raak betrokke by veldtog
FiND iT spoor sy lesers aan om by die Koop Kimberley-veldtog betrokke te raak deur dié kenteken aan almal te versprei en kleinsake-ondernemings by hierdie lys te voeg.
Om deel te neem aan die Koop Kimberley-veldtog, voeg die volgende besonderhede hieronder in (druk “leave a reply”):
ONDERNEMING SE NAAM
ONDERNEMING SE BEDRYF
EIENAAR SE NAAM
TELEFOONNOMMER
Voeg dan die Koop Kimberley-kenteken op jou sosiale media blaaie en spoor ander aan om ook hulle name by dié lys te voeg.
Laai die kenteken hier af:




