Steeds ’n fees om ’n Addie te wees

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Hoërskool Adamantia in Kimberley voldoen aan die vereistes om die veiligheid van die matriekleerlinge te verseker.

Dié leerlinge het op Maandag 8 Junie na die skool teruggekeer. Die streng regulasies en riglyne wat in plek gestel is, behels gereelde temperatuurmeting, sanitering en handhawing van sosiale distansiëring gedurende skoolure.

Die leerlinge se skoolbanke is ver genoeg uitmekaargeskuif en pouses word die 1,5 m afstand tussen leerlinge gehandhaaf.

Die vier hoofleiers van die skool is al vier bly oor hulle die geleentheid het om hulle akademiese jaar te voltooi. Lees die berig hier.