Johannesburger bad in slaggat om aandag daarop te vestig

Deel hierdie storie / Share this story

’n Inwoner van Fourways in Johannesburg het besluit om ’n koppie tee en ’n ‘bad’ in een van die slaggate in sy buurt te geniet, berig Good Things Guy.

Fourways se waterpype is meer as 40 jaar oud en ’n tekort aan instandhouding beteken die einde van baie van die pype.

Nicholas, een van die inwoners van die gebied, het besluit om die situasie op ’n positiewe wyse te hanteer deur in een van dié gate te bad en só aandag op die probleem te vestig.