Covid-19: Nog gevalle by korrektiewe dienste aangemeld

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is nou ‘n totaal van 746 gevalle van Covid-19 by die departement van korrektiewe dienste bevestig, het dié departement in ‘n verklaring bekendgemaak.

In die verklaring word die dood van ‘n beampte (58) in die Wes-Kaap bekendgemaak. Hy het ook aan diabetes gely.

Die departement sê ook 173 persone in die departement is al van die virus genees. Daar is ook ses sterftes aangemeld.

Lees hier hoeveel gevalle daar tans in Suid-Afrika is.