Inwoners ‘siek’ oor toestand van badkamers by skool

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners van Greenpoint is bekommerd oor die leerlinge in dié gebied se gesondheid na foto’s van Hoërskool Greenpoint se badkamers en toilette aan die lig gekom het.

“Ons sal nie ons kinders skool toe stuur so lank as wat daardie badkamers so lyk nie! Dis om van siek te word.”

Volgens die gemeenskap het hulle op 21 Mei die foto’s aan een van die departementsbeamptes aangestuur. Hy het glo gesê die departement is van die situasie bewus en dit is met die CES bespreek.

“Die skool word nie ernstig opgeneem deur die departement nie en die waarnemende hoof by die skool gee nie om nie. Dis teleurstellend om te weet ons kinders moet onder sulke tipe leierskap skoolgaan,” sê die gemeenskap.