Gratis positiewe ouerskapbronne vir inperking

Deel hierdie storie / Share this story

Met tuisonderrig wat nou ’n daaglikse roetine vir die meeste ouers en kinders landwyd geword het, is daar baie druk op ouers en onderwysers om met innoverende leertegnieke vorendag te kom wat nie baie hulpbronne en voorbereidingstyd benodig nie.

Laager Tea4Kidz en Renee Lighton van LightOn Education het ’n organisasie toegewy aan die vroeë ontwikkeling van  kinders (ECD) en ’n reeks Laager Tea4Kidz Positive Parenting Sessions saamgestel met praktiese wenke en advies.

Renee Lighton is ’n opvoedkundige konsultant, skrywer, spreker, lewensafrigter, stigter van LightOn Education en ’n mamma. Sy is passievol daaroor om instrumente te verskaf om leer deur middel van spel by die huis te ondersteun.

Benewens die Laager Tea4Kidz Positive Parenting Sessions, bied Laager Tea4Kidz gratis eksemplare van Renee Lighton se e-boek, ‘Let’s Get Ready for Card Games’ , via die More4Momz-webwerf (www.more4momz.com/renee-lighton-education/). Die boek, wat gewoonlik R200 kos, is propvol kreatiewe kaartspeletjies en idees wat vaardighede van kinders oor alle ouderdomme ontwikkel. Hierdie spesiale aanbod is slegs tot Sondag 7 Junie geldig.

Besoek www.youtube.com/channel/UCHVB2doFNOVs_8VHnjcGzjQ vir toegang tot die Tea4Kidz Positive Parenting Sessions.

Besoek www.more4momz.com vir meer geïnspireerde opvoedkundige idees of heerlike en voedsame Tea4Kidz-resepte.