Covid-19: Nuutste syfers, 28 Mei

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister 28 Mei bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging op 27 Mei het die aantal gevalle met 1 466 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 27 403 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 577 en 14 370 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 655 723 toetse vir Covid-19 doen.