Dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, het gister 26 Mei nog vyf gevalle van Covid-19 in die Noord-Kaap aangekondig.
Die departement van gesondheid in die Noord-Kaap het aangekondig 29 van die 45 bevestigde gevalle in dié provinsie is tot dusver van die virus genees en een is oorlede.
Volgens dié departement is die vyf nuwe gevalle in die volgende distrikte bevestig:
Een persoon van die Umsobomvu plaaslike munisipaliteit in die Pixley ka Seme-distrik het onlangs buite die provinsie gereis.
Twee persone woon in die Sol Plaatje-munisipale distrik.
Een persoon woon in die Kgatelopele plaaslike munisipaliteitsdistrik.
Een persoon van die Renosterberg plaaslike munisipale distrik wat ook buite die provinsie gereis het.
Die opsporingspan is tans besig om die persone met wie die geïnfekteerdes in aanraking was, op te spoor om te toets.
Die departement lê steeds klem daarop dat om ‘n masker te dra, gereeld hande te was en sosiale distansiëring te handhaaf, op almal se prioriteitslys behoort te wees.
Lees hier hoeveel gevalle van Covid-19 tans in Suid-Afrika is.




