Covid-19: Nuutste syfers, 25 Mei

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister 25 Mei bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 1 032 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 23 615 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 481 en 11 917 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 596 777 toetse vir Covid-19 doen.