Die inligtingsessie wat die departement van onderwys in die Noord-Kaap vandag om 15:00 sou hou, sal nou na verwagting Woensdag om 15:00 plaasvind.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die Noord-Kaapse onderwysdepartement, sê skole in die Frances Baard-distrik sal besoek word om die gereedheid van die provinsie vir die heropening van die skole vas te stel.




