Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling moet hulpverleningsbeleid aan ondernemings verduidelik

Deel hierdie storie / Share this story

Die ontwykende antwoord van die Gautengse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, Morakane Mosupyoe, oor ʼn vraag oor rasgebaseerde finansiële hulp aan sakeondernemings, is ‘n bron van kommer.

Gedurende ‘n virtuele sitting

Gedurende ‘n virtuele sitting van die Gautengse portefeulje-komitee vir ekonomiese ontwikkeling is Mosupyoe gevra om te verduidelik waarom die premier, David Makhura, verlede week tydens ʼn wetgewersitting aangekondig het dat hoofsaaklik ondernemings in informele nedersettings finansieel gehelp sal word.

Mosupyoe het aangedui

Mosupyoe het aangedui dat sy reeds die vraag in die wetgewersitting beantwoord het. Gedurende die wetgewersitting het sy gesê die vraag oor hulpverlening  aan alle klein-sakeondernemings haar baie ongemaklik maak en ongevraagd is. Sy het later toegegee dat ras nie ʼn faktor sal wees nie.

VF Plus is egter skepties

Die VF Plus is egter skepties hieroor en sal die situasie oor regeringhulpverlening dophou.

Hulpverlening aan ondernemings mag nie rasgedrewe wees nie omdat werkers verbonde aan klein- en medium-ondernemings, wat reeds sukkel om finansieel te oorleef, verder benadeel gaan word.

Selektiewe hulpverlening

Selektiewe hulpverlening lei tot verdeeldheid en daarom is dit belangrik dat die ANC-regering die proses van hulpverlening duidelik omskryf om verwarring uit te skakel.

Mediaverklaring uitgereik deur:

Kobus Hoffman

VF Plus-LPW: Gauteng