Algemene vrae oor dienste tydens vlak vier

Deel hierdie storie / Share this story

“Ons moet verantwoordelik wees. As net één ou dinge opmors, is dit vir ons almal opgemors.”

Jackson Mthembu, minister van die presidensie, sê die koronasyfer mag dalk vandag weer styg. Die land sal eers aan die einde van April die volgende fase van inperking binnegaan.

Die land sal steeds in inperking verkeer. Net ‘n paar veranderinge sal ten opsigte van die funksionering van seker ondernemings aangebring word.

Alkohol- en sigaretverbod

Die handel in alkohol word steeds in die volgende fase verbied. Sigarette, aan die ander kant, mag vanaf 1 Mei weer gekoop en verkoop word.

Skole

Die land se vrae oor onderwys en die heropening van skole, sal binnekort beantwoord word.

E-handel

Alhoewel posdienste toegelaat sal word, is daar min gesê oor e-handel. Net dat selfone en rekenaars gekoop en verkoop word.

Haarkappers

Persoonlike dienste soos haarkappers of skoonheidsterapeute sal eers weer op vlak een toegelaat word.

Byeenkomste

Sosiale, sport- of kultuurbyeenkomste word steeds nie toegelaat nie.

Die moontlikheid bestaan steeds om na die vyfde vlak van inperking terug te keer, sou dit nodig wees.

Dr. Dlamini-Zuma sê daar is nog geen inenting teen die koronavirus ontwikkel nie en daarom maak die land staat op die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne om die verspreiding van die virus te voorkom.