Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het regstreeks vanaf Pretoria die waarskuwingstelsel wat uiteengesit is vir die verskillende sektore se heropening, bespreek.
Die stelsel word deur vier pilare ondersteun. Die risiko van die virus en die verspreiding daarvan, die impak wat op sektore verwag kan word, die verskillende sektore se bydrae tot die ekonomie en die bevordering van gemeenskapswelstand.
Die skatting van die totale aantal werkers wat vanaf 1 Mei na hulle werkplekke sal terugkeer, is 1,5 miljoen. Daar sal ongeveer vier uit elke tien werkers na hul werke terugkeer.
Sektore wat oopgemaak sal word
Die sektore wat met die implementering van die vierde vlak van inperking geopen sal word, is
landbou, bosbou en vissery-sektore, asook die veiling van diere, vervaardiging van komberse en kinder- en winterklere, rekenaars, selfone en skryfbehoeftes.
Die verkoop van tabakprodukte en die aflewering van kitskos sal toegelaat word.
Die mynbedryf en professionele- en herwinningsdienste in die informele sektor sal oopgemaak word.
Verder sê Patel die ekonomie en ondernemings het ‘n lelike knou weg en om nou plaaslike produkte te koop, sal Suid-Afrikaners die ekonomie in ‘n mate ondersteun.



