Munisipaliteit “dreig” vir betalings tydens inperking

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Inwoners van die Sol Plaatje-munisipaliteit het vanoggend groot geskrik toe hulle ’n SMS ontvang het wat hulle herinner om hulle rekening op die 15de April te betaal.

Gerhard en Shirley Theron sê op ’n Facebook-plasing dat hulle ook die SMS ontvang het, al is hulle rekening op datum.

“Wat ons kwaad maak, is die feit dat ons elke maand betaal en nou kom hulle met die dreigement dat daar stappe geneem kan word. Hulle het nog nooit in die verlede so SMS gestuur nie,” sê hulle.

Beulah Nel het op die plasing geantwoord: “Toema ek het ook een gekry.”

Ida Sonnenberg sê: “Ek en my man het dit ook nou net gekry. Ek het eers geskrik en gedog dalk het hulle nie die laaste maand se payment gekry nie. Maar sien toe altwee is vir die 15de April. Hulle kort seker geld. Moet seker maar ook personeel betaal en maak net seker almal betaal wel teen die 15de April.”

“Dieselfde met my,” antwoord op Sonnenberg se mening.

Diana Fouche sê: “Ek dink hulle nip dat mense nie betaal nie.”

Norma Bothma Pieterse sê: “Ander munisipaliteite gee mense grasie, maar Sol dreig ons!”

Estelle Sarah Cockeran Smith, Lizelle Minns Strydom, Stoffel Uys en Susan Labuschagne sê hulle het ook die SMS ontvang.

FiND iT het navraag by Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester, sowel as by Sello Matsie, munisipale woordvoerder, gedoen.