’n Boodskap word wyd op sosiale media versprei wat inwoners en bure uitnooi om met behulp van vier kleure aan te dui of alles goed is, of hulle hulp benodig.
Die persoon skryf in die boodskap: “Ek wil graag versoek dat inwoners ’n wit vlag of laken voor hul huise hang wat duidelik sigbaar is dat hul bure kan sien hul is gesond en veilig vir die volgende 21 dae.”
“Deur die vlae te wissel afhangende van die omstandighede van die inwoners kan ons dan maklik raaksien as daar ’n noodsituasie by die huis is en hulp verleen.”
Kleure wat vir spesifieke toestande aangeraai word:
- WIT: ALLES GOED
- GEEL: SUKKEL MET KOS.
- GROEN: IS SIEK OF HET IEMAND WAT SIEK IS, POTENSIËLE COVID-19.
- ROOI: HET DIE VIRUS.
“Maak vas aan boom of muur of heining dat jou bure kan sien wanneer en watter tipe hulp jy nodig het en help,” sluit die boodskap af.



