Covid-19: Nuutste verwikkelinge

Deel hierdie storie / Share this story

Die koronavirus wat in middel-Desember 2019 in Wuhan, China uitgebreek het, het al talle lewens regoor die wêreld geëis. Daar is al gevalle in elke provinsie in Suid-Afrika bevestig.

Hier kan jy die al die nuutste inligting oor die virus-pandemie op een plek kry.

25 Maart 2020

Gevalle in SA nou 709

08:30 – Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het pas op SABC bekendgemaak daar is 709 korona-gevalle in Suid-Afrika.

23 Maart 2020

President Ramaphosa se toespraak

20:30 – President Cyril Ramaphosa het in sy toespraak aan Suid-Afrika totale isolasie aangekondig. Dié isolasie sal vanaf 26 Maart tot 16 April voortduur. Geen persone in die land mag gedurende hierdie tydperk in die strate wees nie. “Alle individue sal in hierdie tydperk in hulle huise bly. Slegs persone wat mediese aandag, kos of maatskaplike toelae moet kry, sal toegelaat word om hulle huise te verlaat.” Lees die berig hier.

Covid-19 in Hartswater

15:39 – ’n Pastoor van Hartswater se vrou is glo Saterdag positief vir die koronavirus getoets. Sy is dus die eerste persoon wat in die Noord-Kaap met die virus gediagnoseer is. Lees die berig hier.

Eerste gevalle van Covid-19 in NK

14:05 – Die eerste twee gevalle van die koronavirus in die Noord-Kaap is vandag amptelik deur die minister van gesondheid bevestig. Lees die berig hier.