KIMBERLEY – Quintin Kannemeyer (45), streekbestuurder van Danone vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Noord-Wes, sê Kimberliete is nog bevoorreg om te kan gim.
Volgens sy vriende wat in Kanada woon, is gims weens die koronaviruspandemie gesluit.
Kannemeyer sê: “Mense van die stad moenie die feit dat gims oop is for granted neem nie.”
“Stel jou familie en gesondheid eerste. Jy kan altyd gim afskaal.”
Kannemeyer sê omrede hy baie vir werk reis, oefen hy 35% van die tyd by ’n kommersiële gim.
Hy sê hy is gelukkig om ’n lid van ’n privaat gim in die stad te wees. Slegs atlete wat gesond is en wat veiligheidsmaatreëls nakom, word toegelaat.
Net atlete wat vir kompetisies voorberei, soos die Arnold Classic Africa wat uitgestel is, word toegelaat om te oefen. Enige persone wat griep- of verkouesimptome het, mag nie gim toe gaan nie, sê Kannemeyer.
Dit is nog in die stadium onduidelik of president Cyril Ramaphosa se toespraak oor Covid-19 vanaand verandering gaan bring wat dit moeiliker vir oefen-liefhebbers kan maak nie.



