Covid-19: Eerste geval in die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

In ’n persverklaring wat op 23 Maart deur dr. Zwelini Mkhize bekendgemaak is, bevestig hy die aantal Covid-19 gevalle in Suid-Afrika as 402. Die eerste geval van die virus is nou in die Noord-Kaap bevestig.

FiND iT het met die pasiënt in Hartswater in die Noord-Kaap, wat Saterdag positief getoets het, gepraat. Lees die berig hier.

“President Cyril Ramaphosa sal vanaand die nasie toespreek oor die koronavirus-uitbraak en die maatreëls wat in plek gestel is om die verdere verspreiding van die virus te voorkom.”