Na pres. Cyril Ramaphosa ’n ramptoestand in die land verklaar het weens die uitbraak van Covid-19, moes verskeie sportbyeenkomste afgestel of uitgestel word.
Die o/23-Bokkietoernooi wat hierdie naweek vanaf 20 Maart tot en met 24 Maart in die Noord-Kaap sou plaasvind, is afgestel.
Ds. Peter Stans, die hoof uitvoerende beampte van Afrikaner Volksie Sport (AVS), sê die toernooi is afgestel weens die huidige situasie met die Covid-19-uitbraak.
“Die Bokkieweek waar atlete op provinsiale vlak deelneem, vind tydens die winterskoolvakansie in Junie en Julie plaas. Die Somerweek vind tydens die September- en Oktober-skoolvakansie plaas waar daar aan sewesrugby, snelbal, krieket en gholf op provinsiale vlak deelgeneem word,” sê Stans.
Stans sê die Bokkieweek en die Somerweek is voorlopig nie afgestel nie. “Die ontwikkeling van die Covid-19-uitbraak en die huidige situasie van die Covid-19-uitbraak en die ontwikkeling daarvan word waargeneem en daar sal later ’n besluit oor hierdie toernooie geneem word.”



