Carters Glen: teiken vir diefstal

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Carters Glen is die afgelope week weer die buurt wat deur diefstal geteiken word. Daar is twee hekmotors en ’n motor se noodwiel gesteel. Daar is ook in ’n voertuig ingebreek waaruit ’n onderwyseres se boeksak gesteel is.

Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê dis nie net Carters Glen wat geteiken word nie, maar die hele Kimberley. “Ons doen ons bes om in hierdie stadium misdaad te voorkom. Dit neem orals in Kimberley toe. Kimberliete moet net op hul hoede wees.”

Coetzee sê die Scorp Security-wagte werk saam met die buurtwag en ook die inwoners om die misdaad in Carters Glen te voorkom.