Ekapa-myn bied studiebeurse vir 2020 aan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Kimberley Ekapa Mining JV (KEM JV) bied beurse aan gekose leerders in graad 10, 11 en 12 vir die 2020 finansiële jaar aan.

Die spertyd vir beursaansoeke is 3 April. Die beurs sluit ’n gedeeltelike borgskap van die skoolgeld, handboeke, uniform, skryfbehoeftes, en sport- en kultuuraktiwiteite in.

Wie kan aansoek doen? Leerders wat:

  • In die plaaslike gemeenskap woon en ’n plaaslike skool bywoon;
  • ’n Gemiddelde punt van 70% in die vorige eksamen, met minstens 60% in wiskunde en wetenskap behaal het.
  • ’n Goeie balans tussen akademiese prestasie en sport of kulturele prestasie handhaaf;
  • Deur die skoolhoof aanbeveel word;
  •  ’n Suid-Afrikaanse burger is;

Aansoekers moet die amptelike aansoekvorm voltooi en die stawende dokumente met die toestemming van die ouers sal genoeg wees om vir dié beurs aansoek te kan doen.

Die volgende dokumentasie word vereis:

  • Afskrif van ID of geboortesertifikaat;
  • Afskrif van die jongste uitslae;
  • Ouers se inkomstestaat of werkloosheidsverklaring;

Hoe om aansoek te doen

Aansoekvorms kan by die KEM JV Sekuriteitskantoor by Molyneauxweg 1 in Beaconsfield verkry word. Stuur aansoek met kopieë van akademiese uitslae, ID of geboortesertifikaat met toestemmingsbrief na [email protected]