KIMBERLEY – Dit is as ’n ramptoestand verklaar. Dit is ’n pandemie. Dit jaag almal se senuwees op en mense wêreldwyd is paniekbevange.
Die vraag op almal se lippe is waar hulle getoets kan word.
Hiermee kan Kimberliete gerusgestel word. Daar is maatreëls in plek gestel om hierdie pandemie te oorkom. Indien jy vermoed dat jy die covid-19 virus opgedoen het, kan jy jouself laat toets.
Deur jouself te toets, kan jy jouself en jou geliefdes teen die greep wat hierdie virus op die mensdom het, beskerm.
AfriForum het ’n dokument uitgestuur waarin alle bestemmings waar landsburgers getoets kan word, bekendgemaak is.
Gariep Mediclinic, MacDougallstraat 112 in El Toro Park is uiteengesit vir die bestemming waar Kimberliete hulself vir die Covid-19 virus kan laat toets.
Kimberley-hospitaal is toegerus om diegene te toets en te behandel wat nie mediese fondse tot hul beskikking het nie.
Lancet Laboratories berig die kostes verbonde aan die toets vir Covid-19 kan vanaf R1200 beloop.




