Die jaarlikse Delwersfees wat vanjaar van 3 tot 5 April op Christiana sou plaasvind, is weens die korona-uitbraak in Suid-Afrika gekanselleer.
Chris Vermeulen, voorsitter van die Christiana Delwersfees, sê dit is met groot spyt dat die fees gekanselleer moet word. “Na die aankondiging van president Cyril Ramaphosa op 15 Maart 2020 is ons genoodsaak om die fees te kanselleer.”
Vermeulen sê daar sal op ‘n latere stadium besluite geneem word oor of dié fees nog sal plaasvind.



