KIMBERLEY – Onkruid groei die sypaadjies toe en rommel versper die weg waar jou motor moet ry. Die hoë onkruid belemmer die sig van aankomende verkeer – Kimberliete se motoriste is raadop.
Kamrudien Mookrey, ’n Kimberley-inwoner, het op Kimberley Infrastructure se Facebook-blad gesê die munisipaliteit se werkers is veronderstel om die sypaadjies by Pophamstraat skoon en netjies te maak en om die puin wat in die pad lê te verwyder. “Die werkers het omstreeks 09:30 ’n pouse begin hou. Dit is nou amper 11:00. Waar is die mense wat veronderstel is om toesig te hou?”
Mookrey sê dit is geen wonder daar is nie geld vir dienslewering beskikbaar nie. “Mense is nie veronderstel om betaal te word vir rondlê nie.”



