KIMBERLEY – Barracudastraat in Homelite was vir inwoners ’n seeroog. Dit het slaggate op slaggate en motoriste moes mooi mik om op die teerpad te ry.
Victor Tau, ’n inwoner van Homelite, het dit goedgedink om sake in sy eie hande te neem. Hy het op 2 Maart reeds begin om dié straat te herstel. “Ek het self grond gekoop en werkers gehuur om die slaggate op te vul.”
Tau het gister op die sypaadjie van Barracudastraat ’n aantal boompies en gras geplant. Dit gee aan die straat ’n nuwe gesig. Die gras wat geplant is, is ook netjies geskoffel om aan die herstelde straat ’n netjiese afronding te gee.



