Rand oorskry R16 per dollar

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Kimberliete kan hulle regmaak vir verdere onstabiliteit in die wêreldmarkte. Die rand-dollar-wisselkoers het teen Sondag by R16.08 per dollar gedraai.

Dit was laas op 15 Januarie 2016 bo die R16-vlak met R16.76 teenoor die dollar.

Volgens BUSINESSTECH het Suid-Afrika se rykstes R6 biljoen verloor as gevolg van markte regoor die wêreld wat as gevolg van die coronavirus geval het.

Die uitwerking van die koronavirus-uitbraak is deur ’n ineenstorting van die internasionale olieprys vererger. Dit word deur ’n prysoorlog tussen Saoedi-Arabië en Rusland, wat oornag opgevlam het, aangedryf.

Oliepryse het met 30% geval, terwyl Sasol se aandeelprys skerp gedaal het. Lees ons vorige berig, Sasol-aandeelprys val binne minute skerp met 45%.