Italië weens koronavirus gekwarentyn

Deel hierdie storie / Share this story

ITALIË – ’n Sluitingsbevel wat 16 miljoen mense in Lombardia in Italië onder kwarantyn plaas, is na groter gedeeltes van die land uitgebrei.

Volgens TheVerge het Giuseppe Conte, Italië se premier, gesê dis te midde die verspreiding van die koronavirus in die land.  Die bevel vir Lombardia is tot ’n groot streek van Noord-Italië, wat Venesië en Milaan insluit, uitgebrei.

Conte maan persone om nie te reis nie behalwe as dit vir werk en noodgevalle vereis word.

Persone mag nie in die openbaar vergader nie. Bioskope, gimnasiums en kroeë is gesluit. Sportbyeenkomste, begrafnisse en troues is gekanselleer, berig The Guardian.