Sasol-aandeelprys val binne minute skerp met 45%

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Sasol, die olie- en chemiese maatskappy, se aandeelprys het vanoggend binne minute met 45% gedaal nadat hulle begin verhandeling het.

Volgens fin24 het die ru-olieprys oornag meer as 30% gedaal nadat Saoedi-Arabië Sondag die grootste prysverlaging in die afgelope 20 jaar aangekondig het. Die skuif het gekom toe samesprekings tussen OPEC en sy bondgenote Vrydag nie daarin kon slaag om olieproduksie te verminder nie. Rusland het geweier om sy voorraad te verminder, berig AFP.

“Indien die olieprys laag bly, sal die enigste manier waarop Sasol hulle skuld kan verminder, deur om hulle bates te verkoop of nog kapitaal in te samel,” verduidelik Richard Cheesman, senior ontleder by Protea Capital Management, aan fin24.