KLERKSDORP – ’n 26-jarige vrou van Vryburg wat moontlik die coronavirus het, is in die Thsepong-hospitaal in Klerksdorp opgeneem.
Tebogo Lekgethwane, woordvoerder vir die gesondheidsdepartement in die Noord-Wes, sê die pasiënt is vanaf die Joe Morolong-hospitaal in Vryburg na Klerksdorp verplaas.
Hy sê albei hospitale het die nodige voorsorg getref en prosedures is gevolg.
Madoda Sambatha, LUR van gesondheid in die provinsie, vra die gemeenskap om kalm te bly terwyl hulle vir die uitslae van die toetse wag.
Sy sê Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, sal uitslae van die coronosavirus-toetse aankondig.



