Tuisgemaakte speelklei vir kinders – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie kleiresep is maklik om te maak en ook veilig indien jou kleintjie besluit om daaraan te proe.

Bestanddele:

  • 1 koppie meel
  • ½ koppie tafelsout
  • 2 eetlepels kremetart
  • 1 eetlepel olie
  • 1 koppie gekookte water
  • koekkleursel

Metode:

  • Meng die meel, sout en kremetart. Maak seker jy meng dit goed.
  • Voeg die olie by.
  • Meng ’n paar druppels koekkleursel met die koppie gekookte water en meng dit dan by die droë bestanddele.
  • Meng alles goed en brei dit met jou hande totdat dit nie meer taai is nie.
  • Laat dit heeltemal afkoel en draai dit in kleefplastiek toe. Plaas dit in ’n lugdigte houer en bêre dit by kamertemperatuur vir ses maande.