KIMBERLEY – ’n Inwoner van Kimberley het vanoggend omstreeks 09:30 rommelstrooiers op heterdaad by die veld tussen die Ark en El Toro Park betrap, terwyl hulle rommel daar gestort het.
Na ’n vorige navraag oor die vervolging van rommelstrooiers het Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, die gemeenskap gemaan om oortreders aan die munisipaliteit te rapporteer.




