Dwelmhandelaars op Kimberley en Groblershoop vasgetrek

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Vier verdagtes tussen 20 en 38 van Kimberley en Groblershoop is vir die besit en handeldryf in dwelms in hegtenis geneem is.

Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, sê twee mans, 23 en 38, is in ’n klopjag by ’n woonstel in Kimberley gearresteer, nadat hulle in besit van TIK (kristalmetamfetamien) en CAT (metkatinoon) ter waarde van R32 800 gevind is.

Sy sê die twee beskuldiges word vandag verwag om in die Kimberley-landdroshof te verskyn.

Mnisi sê die ander twee verdagtes, 20 en 26, is tydens ’n soek-en-beslagleggingsoperasie vir TIK ter waarde van R24 000 in hegtenis geneem. Beslag is gelê op selfone, elektroniese weegskale en ’n onbekende som geld.

Die twee verdagtes gaan binnekort in die Groblershoop-landdroshof verskyn, sê Mnisi.