KIMBERLEY – Hansie Galloway, die vorige eienaar van Shadow’s Pub & Grill in Kimberley, het vandag 9 Maart in die landdroshof op Kimberley verskyn.
Galloway staan tereg op die aanklag van seksuele aanranding. Hy het na bewering ‘n meisie in 2015 gemolesteer. Die meisie was ten tye van die misdryf vier jaar oud. In 2015 het die meisie se ma ‘n klag teen Galloway gelê.
Die saak is uitgestel tot 13 April 2020.



