August 4, 2021

Gevaar by gat waar kinders swem

KIMBERLEY – ’n Gat by ’n lek op die hoek van Haberfieldstraat en Dalhamweg wat deur die Sol Plaatje-munisipaliteit oopgegrawe is, hou steeds ’n gevaar in.

Dit volg nadat FiND iT twee weke gelede berig het dat kinders van die gebied daarin geswem het.

Ockert Fourie, DA-raadslid van Wyk 25, sê die probleem is op 9 Januarie aan die munisipaliteit gerapporteer.

Volgens ’n boodskap van ’n inwoner aan Fourie het werkers van die munisipaliteit daar gewerk, maar die probleem was daarna erger.

Fourie sê die probleem is ook direk onder die aandag van die voorman by die munisipaliteit gebring.

Lees ons vorige berig, Kinders swem in gevaarlike gat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *