SA’ners sal in Qua-Qua onder kwarantyn gehou word

Deel hierdie storie / Share this story

Sommige van die Suid-Afrikaners wat binnekort van Wuhan, China na Suid-Afrika teruggevlieg gaan word, gaan volgens die ANC-regering en gesondheidsdepartement in Qua-Qua onder kwarantyn gehou word. Qua-Qua is onder andere een van die plekke in die Vrystaat waar die persone sal heengaan.

Dr. Angelique Coetzee, ’n algemene praktisyn van Pretoria, het gesê die persone wat van China af kom, gaan op ’n afgeleë plek in die Vrystaat onder kwarantyn gehou word. Die persone gaan onder kwarantyn vir 21 dae gemonitor word en sou hulle nie enige simptome van die siekte toon nie, kan hul weer na die 21 dae na hul families terugkeer.