Noord-Kaap boer maak sukses van springmielies

Deel hierdie storie / Share this story

HOPETOWN – ’n Springmielie-fabriek op ’n klein Noord-Kaapse dorp het hulle produksie verdubbel sedert hulle na die uitvoermark uitgebrei het, berig FarmersWeekly.

Volgens dié berig het Biggi Brands op Hopetown se strategie vir uitvoer ’n merkwaardige groei vir die maatskappy beteken.

Koos de Wet, direkteur van Biggi Brands, sê aan FarmersWeekly dat die maatskappy beplan om uitvoere verder uit te brei deur konstant gehalte voorraad te lewer.

Biggi Brands is in 1991 deur Johan Kriek, Attie Victor and Lieb du Raan begin nadat ’n plaaslike koöperasie springmielies as ’n gewas wat goed geskik is vir die streek geïdentifiseer het.