KIMBERLEY – Kinders in die Klisserville-area swem in Dalhmweg in ’n gevaarlik gat gevul met water wat deur die munisipaliteit oop gegrawe en net so gelos is.
Ockie Fourie, DA-raadslid van Wyk 25, sê hy is ontsteld oor die gat wat so oopgelos is. “Ek is bang een van die kinders wat daar swem, gaan verdrink.”
Fourie het die probleem by die voorman van Waterwerke, sowel as die Sol-Plaatje-nooddienste aangemeld.





