UPINGTON – Lede van die Upington-polisie het op Saterdag 15 Februarie 2020 die ekstra myl gestap en vir werk aangemeld om diegene wat nie gedurende die week by die polisiekantoor kan uitkom nie, te akkommodeer.
’n Aantal vuurwapens is vandag by die Upington-polisiestasie ingehandig.
Lt. kol. Andre Green, polisiewoordvoerder, het gesê die vuurwapen-amnestie vir die ingee van onwettige en ongewenste vuurwapens, onderdele en ammunisie sal tot 31 Mei 2020 voortduur. “Ons wil die gemeenskap aanmoedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak om alle onwettige vuurwapens te oorhandig.”






