Egpaar op plaas buite Ulco aangeval

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Chris (79) en sy vrou Tolla Hattingh (77) is gisteraand omstreek 19:30 op hulle plaas buite Ulco aangeval.

Die egpaar se wit Ford Ranger-bakkie is deur die aanvallers gesteel en ’n handwapen het tydens die voorval verlore geraak.

Dicky Hattingh, die egpaar se seun het aan FiND iT bevestig die egpaar is op hulle plaas, Eureka, 15 km buite Ulco aangeval. “My ma en pa is altwee tydens die voorval beseer. Hulle is albei geskok. Die ambulansdiens het hulle op die plaas behandel.”

Die voertuig is vanoggend tussen 05:00 en 06:00 in Delportshoop opgespoor. Die handwapen is in die egpaar se huis na die voorval gekry.

Brig. Mohale Ramaseba, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig daar was ’n aanval gisteraand naby Delporthoop, maar geen verdere inligting is op hierdie stadium beskikbaar nie.