Koronavirus nou vermoedelik in Swaziland

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens Netwerk24 is die eerste vermeende geval van die koronavirus Vrydag in eSwatini (Swaziland) aangeteken.

Luidens ’n verklaring deur dr. Samuel Vusi Magagula, adjunkdirekteur van die departement van gesondheid in eSwatini, is die vermeende geval Vrydag by een van die land se gesondheidsfasiliteite aangeteken.

Daar word vermoed die pasiënt het van China in Suid-Afrika aangekom voordat hy na eSwatini gereis het.

Bron: Netwerk24