KIMBERLEY – Daar is ’n gat in die pad in Ernest Oppenheimerstraat in Cassandra. Vir byna ’n maand borrel daar kosbare water uit hierdie gat uit.
Die voorsitter van veiligheid vir AfriForum in Kimberley sê: “Dit raak nou ’n probleem. Die inwoners van Cassandra het gereeld klagtes hieroor.”
Die Sol Plaatje-inbelsentrum het net een persoon aan diens gehad toe die Cassandra-inwoners met klagtes begin skakel het.
Woongebiede soos El Toro Park, Hadison Park, Royldene en New Park het gereeld lae waterdruk. Die probleem is onbekend.
Waterwerke van Sol Plaatje is blykbaar ook nie beskikbaar nie.




