Valentynsdag-pretloop

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley Harriers-hardloopklub hou op Dinsdag 11 Februarie 2020 ’n 4 km Valentynsdag-pretloop. Hierdie pretloop word in samewerking met die Dierebeskermingsvereniging in Kimberley gehou.

Die pretloop begin by die Tafel Lager Park-stadion en die inskrywingsfooi is enige kontantdonasie, troeteldierkos of -komberse.

Trek jou tekkies aan en gaan ondersteun asseblief hierdie wonderlike inisiatief!