Nasionale sjokoladekoek-dag

Deel hierdie storie / Share this story

Aandag, alle sjokoladeliefhebbers! Vandag, 27 Januarie 2020 word sjokoladekoek-dag regoor die wêreld gevier.

Waar kom sjokoladekoek-dag vandaan?

Hierdie dag word al vir meer as 150 jaar gevier. Hierdie tradisie het in 1764 vlamgevat, toe daar ontdek is kakaobone kan fyngemaal word om kakaopoeier te maak.

Geniet vandag ’n stukkie sjokoladekoek sonder om skuldig te voel. Jy gaan nie sommer weer ’n kans kry om dit te doen nie.

Hier is ’n heerlike en blitsvinnige resep vir sjokoladekoek wat jy sommer in die mikrogolf kan maak:

Wat jy gaan benodig:

• 1 koppie meel
• 1 koppie suiker
• 3 eetlepels kakao
• 3 teelepels bakpoeier
• ½ koppie olie
• 2 eiers
• 1 teelepel vanielje-geursel
• 1 koppie kookwater

Metode:

Meng alles saam en gooi die mengsel in ’n mikrogolf-vriendelike bak. Sit dit op ’n omgekeerde piering in die mikrogolf en stel die mikrogolf op hoog. Laat die koek vir 7 minute bak. Laat staan die koek in die mikrogolf vir 5 minute, laat dan effens afkoel en keer uit.

Deel met ons jou gunstelingresep vir sjokoladekoek deur jou kommentaar hieronder te plaas.