Koronavirus nou al 80 lewens geëis

Die nuwe koronavirus wat in Wuhan, China, uitgebreek het, versprei vinnig na ander lande ook. Die omvang van hierdie virus is baie groter as wat meeste mense besef.

Volgens China se Nasionale Gesondheiskommissie is 1 287 mense al met die virus besmet en 80 lewens al geëis. Gevalle van die koronavirus is al in die VSA, Viëtnam, Singapoer, Nepal, Frankryk, Australië, Taiwan, Suid-Korea en Japan aangemeld. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gesê dis nog te vroeg om ’n wêreldwye noodtoestand af te kondig.

’n Dokter wat pasiënte met die virus behandel het, is klaarblyklik Saterdag oorlede. Liang Wudong (62) is volgens die Paper-koerant op 18 Januarie in die hospitaal opgeneem en dit twee dae nadat die eerste simptome van die virus opgemerk is.

Ma Xiaowei, die minister van gesondheid in China, het bevestig dat die virus in die inkubasietydperk (1 – 14 dae), waarin geen simptome duidelik is nie, steeds versprei.

Daar is tans nog geen behandeling wat die koronavirus kan teëstaan nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *