KURUMAN – Nico de Koker en Tlotlo Ntwayagae, die twee gevangenes wat op Vrydag, 24 Januarie 2020 uit die Kuruman-gevangenis ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Brig. Monica Sebili, polisiewoordvoerder, sê: “Nico de Koker is op Saterdag 25 Januarie 2020 omstreeks 18:45 by ’n ry-loopplek naby die Kuruman-gevangenis in hegtenis geneem. Tlotlo Ntwayagae is op Sondag 26 Januarie 2020 by sy vriendin se huis in hegtenis geneem terwyl hy onder die bed weggekruip het.”
Die twee gevangenes is weer terug by die Kuruman-gevangenis.



